Diamantvallei Landgoed

514 Rhenosterfontein

Rayton

Maan-Vry: 9:00-16:00
Sat: 07:00-18:00

Waar jy kan asem skep...

Komma Koek & Koffie is ’n knus koffiewinkel en venue op Diamantvallei Landgoed naby Rayton, 20 km oos van Pretoria. Dis die ideale plek om vars koffie, varsgebak en rustige natuur te geniet – alles in ’n plaas-omgewing waar jy asem kan skep.

By Komma kan jy stap- en fietsryroetes geniet, die koffiewinkel beleef, in die geselskap van unieke kunste verkeer en funksies kan aanbied wat beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees.

Koffiewinkel

Ons spyskaart weerspieël die eenvoud van die plaaslewe, met ‘n kreatiewe kinkel: eg en vars!
Ons bied ook Royal Icing-aktiwiteite en klein funksies.

Stap en Trap

Trek jou stapskoene aan en ontdek die veldroetes rondom Komma.
Ons roetes strek oor boomlanings en grasvlaktes, met uitsigte oor Diamantvallei Landgoed.

Funksies

Kom vier jou spesiale oomblik in Komma-styl. Ons bied twee intieme funksie-opsies:

Klein Funksies: Gesellige koffiewinkelopset vir tot 30 gaste.
Skuur Funksies: Doen-dit-self geleenthede vir groter groepe.

Gallery Marlien

Tussen koffie en koekies en lekker geselskap, wag ’n wêreld van kleur en inspirasie.
Gallery Marlien vertoon die kuns van plaaslike
kunstenaar, Marlien van Heerden.